Tuisblad
Die Fortuinsoekers
Die Goudkewers
Die Goudbaronne
Omtrent die skrywer
Historiese staaltjies
Hoe om te bestel
Terugvoer
Omtrent die Skrywer
Foto:
Robert Adele Hamblin

Die Mannheimsage wat uitgesaai was oor televisie tydens die eeufeesjaar van Johannesburg, het aanleiding gegee tot die publisering van twee boeke:

Fortuinsoekers - 1997 en Goudkewers - 1998. Beide boeke het groot belangstelling gewek onder die leserspubliek.

Goudkewers was so gewild dat dit die skrywer aangemoedig het om tog die laaste boek in die Mannheimsage Trilogie aan te pak, 'n projek wat etlike jare geduur het. Met groot vreugde kan sy nou uiteindelik bekend maak dat Die Goudbaronne (Mannheimsage III) nou beskikbaar is aan die lesers.

Lerina Erasmus was voormalig 'n aktrise en word onthou vir haar spel in teater produksies soos Elektra, Antigoné en Medea, asook die televisie reekse Dokter-Dokter en Drama-Drama. Na die geboorte van haar seun het sy haar toegespits op skryfwerk, wat uitgeloop het op talle radioreekse, waaronder Die Mannheimsage, Hartjie my Liefie, Noodlotskoppelmaai, Solitaire en Vriendinne die gewildste was.

Danksy haar radioreekse, is Lerina versoek om Die Mannheimsage vir televisie te verwerk, met die oog op die Johannesburgse eeufeesjaar in 1986. Daarna het sy Moordspeletjies geskryf en was ook verantwoordelik vir die hoofstorielyne in Glaskastele.

Lerina se eerste vollengte draaiboek, While the Music Lasted, is sopas voltooi en is reeds in voorproduksiefase. Huidiglik werk sy aan nog 'n draaiboek, Die Leliemoordenaar, 'n grusame storie van reeksmoorde.

Die Goudbaronne word deur die skrywer self uitgegee en lesers kan die boek direk van haar bestel.

 
| Tuisblad | Omtrent die Skrywer |
| Die Foruinsoekers | Die Goudkewers | Die Goudbaronne |
| Historiese Staaltjies | Hoe om te Bestel | Terugvoer |